Dikhololo 2011 – Dis toe dat ek bessef...

Ek was lanklaas so lus vir koffie... Koffie met Red Bull in plaas van suiker. Om eerlik te wees weet ek nie eers of dit gaan help nie, maar ek is bereid om enige iets te probeer. Ek en Maandae was nog nooit dik pelle nie maar vandag... vandag is ‘n buitengewone Maandag. My bene is lam, my rug gebrand en my oe voel soos my pa se bakkie canopy se klap... daai een wat hy met n besemstok moet oophou want die skaniertjies is al lankal moeg. En dis juis daar waar my titel vandaan kom... Dis toe dat ek bessef dat daar nog n “persoon” sy verskyning gemaak het waarmee ek ook nie dik pelle gaan wees nie, maar wat vir die res van my lewe agter my gaan aan drentel... Ouderdom!

Kyk, lank nog is my innings nie verby nie, maar hierdie naweek het my onder geen illusies gelaat dat die lewe sy tol begin eis en dat ek maar na elke... kom ons noem dit maar n avontuur, gaan moet opdok nie. Ten minste weet ek nou dat hierdie pyne en skete wat my martel hier agter my lessenaar vanoggend nie net tekens is van my ouderdom nie, maar ook n herhinnering aan al die aktiwiteite en opwinding van die afgelope naweek by Dikhololo. Lekker tye, inderdaad!

Maggie en Nick het ons al ingewag Vrydagaand laat toe ons by Dikhololo aankom. Ons het gereel dat Dylan en Luan saam met hulle ry omdat Andre nog Saterdag oggend moes werk en dus eers Saterdagmiddag sou deurkom. Ons het later by die huis weg gekom as wat ons wou so teen die tyd wat ons by Dikhololo aangekom het was die opwinding al hoog en was Dylan en Luan al reg om deur die bos na die hoofkompleks toe te loop om die swembaddens, tennisbane en putt-putt bane te gaan bekyk. Uiteindelik was almal darem in die bed, hoeveel daar geslaap was is n ander storie.

Saterdag oggend 6:20 was ons al op. Met die Argus n maand weg kan ek en Adel nie bekostig om nie elke naweek fiets te ry nie so 7 uur was ons uit om n paar kms op die bene te sit. Weereens was ons weer herhinner hoekom ons so baie van die sport hou. Daar is darem maar min dinge so lekker soos daai vars oggend lug in die bosveld. Ek kan probeer beskryf met hierdie foto maar dit vertel nie helfte van die storie:


Binne 20 min het ons Rooibokke, Blesbokke, Blouwildebeeste en kameelperde gesien. Die kameelperd het binne meters van ons verbygekom en toe reg lans die pad gestaan en vreet. Dit het my kans gegee om hierdie foto te neem.



Maar, soos hulle se, as dinge te goed is om waar te wees, is dit gewoonlik en n paar km later het ek n pap wiel gekry... Na ons 2km terug gestap het na die vulstasie toe kon ek dit toe darem regkry en was ek weer op die fiets en het ons reg rondom Dikhololo met die grensdraad langs afgery. Bietjie minder kms as wat ons wou doen maar nou het Dylan en Luan al seker gekook van die opwinding en het ons besluit om eerder terug te gaan.

Teen die tyd het Nick al krieket gespeel en sy hande vol gehad en darem van die twee se opgeboude energie begin uitput...let wel! Net begin! Toe ons daar aankom het ek, Dylan en Luan besluit dis tyd vir ontbyt en het ons drie die kombuis ingevaar. Eier, spek en roosterbroodto perfectionBon appetite!



Nie lank daarna nie het my skoonma ge-arriveer en later die middag het Andre ook opgedaag.

Op hierdie stadium sal ek graag wil aangaan en al die aktiwiteite in kronologiese volgorde uitle, maar, om eerlik te wees, van hier af is alles net n blur! As ons nie in die swembad was nie, was ons op die tennisbaan. Daar was tafeltennis betrokke en n rondte putt-putt en op een stadium was ons ook by die Supertube. Na n elle lange motiviering en verduideliking van die veiligheidsaspekte het ons agter gekom dis te vergeefs en het ek, Adel en Nick maar die glybaan getrotseer terwyl Dylan en Luan baie verskrik gestaan en kyk het. Ek dink dit was die enigeste 5 minute van die dag wat hulle monde stil was!



Soos gebruiklik het ons net so voor son-onder op n wildrit gegaan met die vrouens saam met my voor in en Nick, Andre, Dylan en Luan agter op die bakkie. Dylan en Luan elkeen gewapen met n kamera. Die rit is gekenmerk deur Dylan wat skreeu: “Dawie, ry stadiger!” gevolg deur Luan met: “Nee Dawie, looi hom!”. Ons het amper alles gesien wat daar te siene was. ‘n Groot Eland bul was my persoonlike hoogtepunt. Na die wildrit was daar weer krieket gespeel totdat dit letterlik pikdonker was, ons was net betyds klaar dat Luan sy braaivernuf vir ons kon ten toonstel.



Sondag oggend was weer begin met krieket en tennis nog voor ontbyt. Hierdie keer het Andre ook darem sy tennistalente kom uithaal. Na ek, Dylan en Luan weer gesorg het dat almal iets in die maag het het ek besluit om n draai verby die befaamde “Rock pool” by Piet My Vrou kamp te gaan maak. Ek het voor gegee dat ek vir Dylan en Luan wou wys hoe ek van die klippe afspring maar moes eintlike noodgedwonge iets aan myself bewys nadat ek Saterdag aand 10 uur nie meer my oe kon oophou nie.



Voor ons huitwaarts gekeer het het ons eers weer n draai langs die swembad gemaak en onsself verbeel ons is nie mense wat more weer hoef te werk nie. Daar was n paar keer vir oulaas in die swembad gespring en Luan het gaan afskeid neem van sy geliefde warmwater-swembad. Vir die hele naweek, as mens nie vir Luan kon sien nie, het jy geweet waar hy is... Die warm water swembad!



Soos gewoonlik was die naweek maar net te kort en was daar alweer lang trane gehuil toe die wiele weer huiswaarts begin draai. Dit het darem nie lank gehou nie. Andre se hulle was nog nie eers in Brits nie toe die twee ae oe al toeval.



‘n Ongelooflike lekker naweek en n waardevolle les wat deur my kop “echo” elke keer wat my voorkop my lessenaar tref as my nek saam met my oe toeval. Die tyd stap aan en die jare maak seer. As my intelegensievlak nou maar net saam aan beweeg het en ek geleer het uit hierdie ervaring... maar volgende Maandag kla ek maar weer!

Hou by die Blou,
DnA


Comments

  1. 'n Spesiale woord van dank aan Dylan en Luan wat aan my die kans gegun het om bietjie te rus, terwyl hulle vir Dawie besig gehou het! Dankie aan almal vir 'n ongelooflike naweek!! *A*

    ReplyDelete
  2. Jeez net wanneer ek dink ek kan julle nie meer mis nie, dan BAM daar mis ek julle meer XXX

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular Posts