"The new and improved" Esterhuizens

Snaaks hoe mens nooit kan begryp watse effek buitengewone belangrike gebeure op jou lewe gaan he nie. Dis nou al 7 weke nadat ons uitgevind het dat ons familie ‘n ekstra bondeltjie ryker word, en tog voel alles steeds doodnormaal. Is dit dalk omdat die idee nog nie regtig ingesink het nie? Of is dit mens se onderbewussyn wat klaar uitgepluis het dat alles weer perfek sal uitwerk?
 
Ek het die afgelope 19 maande tot die bessef gekom dat kinders grootmaak nie altyd kinderspeletjies is nie, al het Evan tot dusver vir ons die lewe baie maklik gemaak. Op die vooraand van die gevreesde “terrible twos” kan ek self nog partykeer wonder waaroor al die bohaai dan nou gaan, al het ons elke nou en dan n klein uitdaginkie om te oorkom. So, deur al die uitdaginkies en dinge deur is daar een gedagte wat heel moontlik vir my die grootste gevoel van rustigheid gee. Die gedagte dat die heel maklikste ding in die hele wereld om te doen, is om jou kind meer lief te he as die lewe self. Dis nie iets wat jy moet oefen of komplekse ouerskap boeke oor lees nie. Dis net daar, so natuurlik soos n hartklop. Iets wat diep in jou wese vasgegrond is totdat jy die dag jou laaste asem uitblaas… en dalk nog daarna…
 
Dalk is dit hierdie wete wat vir my n rustigheid in my hart gee. Die nuwe en groter verantwoordelikheid en logistieke mag dalk bietjie intemederend wees, en die feit dat my, Adél en Evan se lewe drasties gaan verander onvermydelik, maar uiteindelik is hierdie die grootste seening wat n familie voor kan vra. Nog n klein hartjie om lief te he.
 
Ten spyte van enige intemederende gedagtes en ten spyte van enige nuwe logistieke wat uitgewerk moet word, kan ek nie wag om my nuwe klein bondeltjie liefde vas te hou nie. Ek kan nie wag om te sien hoe Adél op haar manier ons nuwe bondeltjie vreugde van liefde leer nie. Ek kan nie wag om te sien hoe Evan die beste ouboet in die wereld vir ons klein lyfie word nie. Ek kan nie wag dat ons familie n voltallige 4 gemaak word nie.
 
Kleinding, ons wag vir jou!

Comments

  1. Ek kan nie wag om te sien hoe jy weereens jou natuurlike aanvoeling as pa en beste vriend vir ons nuwe klein seuntjie betoon nie. Dankie dat jy so wonderlike man en pappa is!

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular Posts