Die ding ruk mal – Bettysbaai – Maart 2011
Jy weet dit was n goeie vakansie as jy n vakansie nodig het om te herstel van jou vakansie! Ons het al laasweek Maandag terug gekom en dis juis die rede hoekom ons eers hierdie week begin blog. Maar, uiteindelik het ons toe wel herstel en wonder bo wonder het ons oorleef om die storie te vertel van ons Argus vakansie – Bettysbaai Maart 2011.
1time het ons veilig in die Kaap aangebring en nadat ons ons uber-wille Nissan Micra opgetel het was ons oppad Bettysbaai toe! Bettysbaai le tussen Gordons Baai en Hermanus en die R44 tussen die twee dorpe is sekerlik een van die mooiste kuspaaie wat die Kaap het om te bied! Net jammer ons moes dit deurbring in n Nissan Micra met n 3 liter diesel aangedrewe air-con. As dié aan was kon ons mekaar skaars hoor onder die gedreun. Darem het ons mooi ingepas in die Kaap waar meeste karre uitmekaar uit neek.
Die vakansie was afgeskop met n ete by Camelot. Die enigste restaurant/pub wat oop was op Bettys en so asof karma ons wou welkom heet in die Kaap het ons kelner (wat ook die eienaar is) geen voortanne gehad nie. Dis toe wat ons weet ons het gearriveer! Die volgende oggend het die res van die mense ge-arriveer, uitsluitend Gerald en Marijke. Ernst en Wichard in die Antwoord Wa en Lou, Boobs en Francis in die ander Isuuz. Kort voor lank was daar n paar koue nekkies geknak en het ons n draai gaan maak op die strand waar Ernst vir ons die “More is nog n dag” weergawe van die Lion King opgevoer het. <http://www.facebook.com/video/video.php?v=10150154495471320&comments>
Woensdagaand so skuins na middernag het Gerald ge-arriveer in n pikante Kia Picanto. Ek sou hom graag wou spot maar ongelukkig het ek in n Micra gesit... Mense in glashuise...
Die volgende oggend het ons n paar kms op die fiets gaan doen in en om Bettysbaai. Wat n ongelooflike plek om by fiets te ry! Uitsigte van die berge, duine en die strand en grondpad op grondpad wat jou opnuut laat besef watse spesiale plek dit is!
Hangklip duin
Op die strand
Die onbetroubare masjien
Ons het ook hierdie hek raakgeloop. My fotografiese vernuf het oorgeneem en ek het hierdie Kwela-kwaliteit kiekie geskiet wat Coenie sal hoendervleis gee.
Daai selfde dag was ons oppad na die Hangklip duin om ons “sandboarding” vernuf te beproef. Ons het “sandboards” gehuur by die Videowinkel in Bettys waar die eienaar se varkhond amper vir Wichard vir brekvis gehad het. Was dit nie vir Adel agter wie hy kon skuil nie was hy bokveld toe! Nie te min, niemand het ons gese daars geen hysbak op die duin nie en ook nie dat jy deur n Berg-adder kerkbazaar moet stap om daar uit te kom nie! En natuurlik gaan ons ook mos nerens sonder n koelboks nie, so die moes ook nog op gekarwei word!
Na, wat gevoel het soos, 40 dae en 40 nagte se klim tot bo op die duin het die prêt begin... en dit was toe nie so maklik as wat dit gelyk het nie. Ernst, vir een, het vergeet van swaartekrag en het na sy lang stap tot bo op die duin die volgende 30 sekondes gebruik om agter sy bord aan te snol wat weer oppad was na onder.
Dis tog snaaks hoe die sand so sag gevoel het as jou voete wegsak daarin wanneer jy by die duin opklim maar geklink het soos n stuk beton toe Gerald se pan die einste sand tref, met sy voete wat kort na sy gat n verskyning aan die verkeerde kant van sy kop maak. Maar die hoogtepunt van die dag was defnitief n sekere Mnr Cilliers wat op die sitbord by die duin afgegaan het. Hyt skaars begin beweeg toe hy eweskielike n akrobatiese bollamakiesie move gooi, ons het gedink hy beplan hierdie wille manoeuvres wat hy gooi... dis eers toe hierdie moses skaatsplank hom skwer agter die kop donder (jammer, maar hy was nie geklap of geraps nie...) dat ons besef die akrobatisme was maar net Wichard wat sy gat sien.
Wichard het homself in n kopklem
En, asof ons in n Verimark advertensie was, was daar nog meer en het Wichard weereens vir ons die beste vir laaste gehou. Toe ons die borde gehuur het het die eienaar vir ons verduidelik dat mens jou hande moet gebruik om jouself te laat stop op die sitbord. Wichard was duidelik nog verbouereerd na die varkhond insident en het klaarblyklik nie mooi geluister nie. Wel, nadat hy herstel het van sy kopskoot het hy weer probeer en moes hy natuurlik stop toe hy onder op die duin kom. Hy het sy hande verkeerd om in die sand ingedruk en sodoende amper sy vingers afgeruk! Vir die volgende paar minute was ons ge-“treat” met hom, wat op daai egte Wichard-manier, danspassies van Swan Lake op die duin uithaal terwyl hy sy vingers vasgryp en paragrawe uit die Franse literatuur aanhaal. Wat n dag!
Wichard donder na benede
Donderdagaand het Marijke gearriveer en die Vrydag was wynproe dag. Ek is natuurlik nou nie die mees gekultiveerde mens op aarde nie en het sodoende maar meer saamgegaan vir die samesyn as enige iets anders. Ons het die dag afgeskop by Allee Bleu waar ons, volgens Ernst, die beste pizza ter wereld moes gaan probeer het. Die pizza was toe nie eers pizza nie maar die Duitse ekwivalent, Flamkuchen. Ons weet nou hoekom die Duitsers bekend is vir hulle motors en nie pizza nie. Volgende op die agenda was die Van Rijn brannewyn plaas waar ons n paar van hul verouderde brannewyne geproe het. Weereens was die klem geplaas op my ongeklutiveerdheid en het ek gou agter gekom hoekom ek coke saam met my brannewyn drink. Die 10 jaar oue en 12 jaar oue brannewyn was op die spyskaart en na so blonde tannie vir ons een of ander storie vertel het, wat sy sommer self gou opgemaak het, het ons lip aan glas gesit en, om dit nou mooi te stel, was ek donners teleurgesteld! Volgens die blonde tannie is die 12 jaar sagter as die 10 jaar en het hy n minder skerp smaak, maar ek kan met die grootste oortuiging vandag vir julle se dat beide presies dieselfde proe en dit is mamoet sleg! Ek eet eerder my eie aorta! Op nuut het ek weer nuwe respek en waardering vir Dr John Pemberton gekry, wat brannewyn vervolmaak het.
Lekker, ne?
Volgende stop, Spier. Dis hier waar die rooiwyn begin vloei het en my wakende oog hierdie gespuis van wyndrinkers begin dophou het. Iemand moes die verantwoordelike een wees wat nugter bly deur hierdie toer van Sodom en Gomorra. Ek was so lus vir ou rooiwyntjie maar het die belange van almal om my op die hart gedra en eerder bestuur. Ja, ok ok, weereens kom my ongekulitveerdheid na vore. Kom ons los dit daar. Van Spier af het ons by Meerlust gestop waar Gerald gesselsies aangeknoop het om die ou tannie, wat ons met die wynproe gehelp het, te probeer beindruk. Sy het egter nie belang gestel nie en moes Gerald alweer alleen huis toe gaan. Ons het die wynproe afgesluit deur ons self op die grasperk van die Peter Falke wynplaas neer te plak terwyl die osbloed steeds gevloei het.
Die Spier Wynvliee
Wynproe by Peter Falke
Die volgende dag het ek en Adel, na my onderonsie met my fiets, die dag by Kleinmond se hawe deurgebring terwyl die res van die gesselsskap Nuweland toe is om te gaan kyk hoe skop Naas Olivier en Peter Grant. Ons het die Oom en Tante van Worcester daar ontmoet vir middagete en was daarna Pringlebaai toe waar ons die Hangklip Hotel ontdek het. Klein, “dodgy” en n groot skerm waar ons kon kyk hoe die Bulle vakansie hou op die rugbyveld. Steeds, n ongelooflike plek teen die voet van die Hangklip, met n besonderse uitsig.
Die uitsig vanaf ons tafel by die Hangklip hotel
Die volgende dag was die Argus waarna ons die vakansie weer op n hoe noot moes afsluit voor almal weer die lang pad terug huis toe aangedurf het. Dit was natuurlik gedoen deur n snoekie op die kole te gooi, in ware Kaapse tradisie. Kort voor lank was dit Maandag en na n ontbyt by Bientang’s Cave in Hermanus was dit net ek en Adel oor. Na ons in geloer het by die pikkewyne van Stoney point was ons vakansie ook verby en het ons vir oulaas na die gedreun van die Micra se air-con geluister.
Wat n ongelooflike week saam met goeie vriende. Dis een van die min dinge waarop ons nog kan staatmaak – die feit dat die Argus vakansie elke jaar n ongelooflike sukses is. Volgende jaar, selfde tyd, selfde plek!
Hou by die Blou,
DnA















Comments
Post a Comment